Thursday, November 13, 2014

Dankie Here Handevat se nuwe verhouding met IRM

Die gesprek het begin met 'n verduideliking van die geskiedenis van die verhouding. Daar is baie gepraat oor die baie positiewe goed wat gebeur het met die opleidings, die ondersteuning wat dominees kry en aanmoediging. Toe is daar oorgegaan om te verduidelik wat die stop van die werk veroorsaak het. Ek probeer van die goed vinnig opsom.
1. Met die besoeke van dominees en met die opleiding het ek altyd versoek om nie alleen te werk nie maar saam met dominees en ouderlinge wat vir die spesifieke werk verantwoordelikheid neem in die naam van die sinode. Hulle het baie positief daarop reageer en het mense aangewys. Ek het baie hard gewerk om saam met hulle besluite te neem maar dit was soms net onmoontlik, dan het ek met die een of twee wat daar was gesit en opgetree volgens hulle insig oor wat om nou te doen. So is bv besluit om geld wat ons vir 'n motorfiets geskenk gekry het nie te koop nie maar in samewerking met die skenker het ons belsuit om dit eerder te gebruik om brandstof te betaal vir dominees wat saam met my op hulle motorfietsies of geleende motorfietsies moet ry na die gemeentes toe.
Oor die bestuur van die geld en besluite wat gegee is, het daar suspisies ontstaan en was daar nie altyd onder ons goeie kommunikasie. Dit het versoorsaak dat partyd alerhande suspisies opgebou het en in alles wat dan gebeur weer verder afleidings gemaak het.
2. Ek was baie vrygewig met inligting oor geldsake. Het vertel van alles wat ek gekry het en het daaroor altyd by hulle verslag gedoen. Hulle moes dan die verlae aan die sinode voorle. Hulle het dikwels nie so ver gekom nie en moes ek op die ou end self die verslae oor finansies ingee by die sinode. Party fondse was geld wat ek persoonlik vir myself moes gebruik, maar ek het dit ook gedeel dat hulle kan sien dat ek ook soms beperk is in wat ek doen. Die gelde het hulle egter nog meer laat wonder oor goed deur my bestuur word.
3. Die dominees het nooit gehou daarvan dat ek in my fasilitering van die verhoudings mense eerder aanraai om net R500 per maand te gee. Hulle voel dat mense moet gee wat hulle voel. Ek reken weer dat dit chaos gaan veroorsaak en ek het genoeg bewyse daarvan.

Besluite
1. Daar is besluit om noudat die werk weer kan begin, dat ek welkom is om weer navorsing te doen oor wat die werklike behoeftes is en hoe dit intussen verander het. Dat die werk vorentoe aangepas kan word.
2. Dat alle geld wat vir die verskillende projekte bedoel is na die sinodale rekening oorgeplaas moet word dat die verantwoordelikes dit self kan hanteer volgens ons besluite.
3. Dat ek nie bekend moet maak die fondse wat ek self vir myself moet bestuur nie, want dit bring net verwarring. Ek moet dit doodeenvoudig gebruik na goed dunke.

Hier het die moderator opgestaan en vir die ander vertel van hoe ek verduidelik het hoe ek die gelde aan dominees fasiliteer. Al daardie geld was nog altyd deurgestuur na die sinode en ek het dit nooit self hanteer nie. Die KGA is daar van groot hulp. Baie dankie vir hulle.
Ualize vertel toe dat ek aan hom die volgende verduidelik het. Wanneer daar iemand is wat bereid is om 'n dominee te ondersteun, dan vra ek eers met hoeveel hulle dit wil doen. Indien hulle nie self wil besluit nie, dan gee ek die voorstel vir R500. Indien hulle wel voel om meer te gee, dan vra ek vir hoe lank hulle, hulleself verbind om dit maandeliks by te dra. Dan is my voorstel of hulle dit nie kan verminder na R500, sodat hulle hulself vir 'n langer tydperk kan verbind tot die hulp nie. Dit is beter om oor 'n langer tydperk iets te kry ipv groot bedrag in kort tydjie. Indien die bedrag wat hulle kan gee meer is, dan is my voorstel om eerder meer mense te help, elkeen met R500 ipv om vir een persoon die groot bedrag te gee terwyl ander geen hulp het nie.
Hierop was daar kritiek van een van die moderatuurslede wat steeds voel ons moet die mense nie voorskryf nie en hulle toelaat om te gee soos hulle voel. Van die ander wys hom toe daarop dat daar baie wysheid is in die besluit om oor langer tydperke hulp te kry. Al die ander het nie 'n kritiek op daardie raad gehad nie.

Met die gesprek het hulle weer hulle dank uitgespreek dat selfs in die tyd wat hulle my gestop het ek 'n hele paar keer baie waardevolle bydraes gelewer het. Dit was 'n bewys vir hulle dat ek werklik omgee en nie sommer net praat nie. Deur die jare, wat ander nie altyd beleef het nie, want sommige is nog jonk in die kerk, is daar al bewys dat dit God is wat geroep het en dat dit gepaard gaan met baie liefde en omgee. Ek is dus baie welkom om voort te gaan met die werk en hulle sien dat dit ook die Here se wil is.

Ons het hier oor ander kleiner dingetjies gesels wat in 'n MOU (memo of understanding) geskryf kan word. Ek het dit alles neergeskryf en sal vir hulle 'n draft opstel wat hulle dan kan gebruik as 'n basis indien hulle verdere punte wil byvoeg.


Die Here word saam geloof vir die deurbraak. Die nuwe moderator is ook 'n baie goeie vriend van my en is persoonlik baie dankbaar. Hy wil net he ek moet nou begin. Ek is slef baie dankbaar en na alles wat ek in RSA beleef en geleer het die afgelope 2 jaar, het ek baie meer insigte en voel meer toegerus om die roeping voluit uit te leef. Aan Hom die dank.

No comments:

Post a Comment