Die gesprek het
begin met 'n verduideliking van die geskiedenis van die verhouding.
Daar is baie gepraat oor die baie positiewe goed wat gebeur het met
die opleidings, die ondersteuning wat dominees kry en aanmoediging.
Toe is daar oorgegaan om te verduidelik wat die stop van die werk
veroorsaak het. Ek probeer van die goed vinnig opsom.
1. Met die besoeke
van dominees en met die opleiding het ek altyd versoek om nie alleen
te werk nie maar saam met dominees en ouderlinge wat vir die
spesifieke werk verantwoordelikheid neem in die naam van die sinode.
Hulle het baie positief daarop reageer en het mense aangewys. Ek het
baie hard gewerk om saam met hulle besluite te neem maar dit was soms
net onmoontlik, dan het ek met die een of twee wat daar was gesit en
opgetree volgens hulle insig oor wat om nou te doen. So is bv besluit
om geld wat ons vir 'n motorfiets geskenk gekry het nie te koop nie
maar in samewerking met die skenker het ons belsuit om dit eerder te
gebruik om brandstof te betaal vir dominees wat saam met my op hulle
motorfietsies of geleende motorfietsies moet ry na die gemeentes toe.
Oor die bestuur van
die geld en besluite wat gegee is, het daar suspisies ontstaan en was
daar nie altyd onder ons goeie kommunikasie. Dit het versoorsaak dat
partyd alerhande suspisies opgebou het en in alles wat dan gebeur
weer verder afleidings gemaak het.
2. Ek was baie
vrygewig met inligting oor geldsake. Het vertel van alles wat ek
gekry het en het daaroor altyd by hulle verslag gedoen. Hulle moes
dan die verlae aan die sinode voorle. Hulle het dikwels nie so ver
gekom nie en moes ek op die ou end self die verslae oor finansies
ingee by die sinode. Party fondse was geld wat ek persoonlik vir
myself moes gebruik, maar ek het dit ook gedeel dat hulle kan sien
dat ek ook soms beperk is in wat ek doen. Die gelde het hulle egter
nog meer laat wonder oor goed deur my bestuur word.
3. Die dominees het
nooit gehou daarvan dat ek in my fasilitering van die verhoudings
mense eerder aanraai om net R500 per maand te gee. Hulle voel dat
mense moet gee wat hulle voel. Ek reken weer dat dit chaos gaan
veroorsaak en ek het genoeg bewyse daarvan.
Besluite
1. Daar is besluit
om noudat die werk weer kan begin, dat ek welkom is om weer navorsing
te doen oor wat die werklike behoeftes is en hoe dit intussen
verander het. Dat die werk vorentoe aangepas kan word.
2. Dat alle geld wat
vir die verskillende projekte bedoel is na die sinodale rekening
oorgeplaas moet word dat die verantwoordelikes dit self kan hanteer
volgens ons besluite.
3. Dat ek nie bekend
moet maak die fondse wat ek self vir myself moet bestuur nie, want
dit bring net verwarring. Ek moet dit doodeenvoudig gebruik na goed
dunke.
Hier het die
moderator opgestaan en vir die ander vertel van hoe ek verduidelik
het hoe ek die gelde aan dominees fasiliteer. Al daardie geld was nog
altyd deurgestuur na die sinode en ek het dit nooit self hanteer nie.
Die KGA is daar van groot hulp. Baie dankie vir hulle.
Ualize vertel toe
dat ek aan hom die volgende verduidelik het. Wanneer daar iemand is
wat bereid is om 'n dominee te ondersteun, dan vra ek eers met
hoeveel hulle dit wil doen. Indien hulle nie self wil besluit nie,
dan gee ek die voorstel vir R500. Indien hulle wel voel om meer te
gee, dan vra ek vir hoe lank hulle, hulleself verbind om dit
maandeliks by te dra. Dan is my voorstel of hulle dit nie kan
verminder na R500, sodat hulle hulself vir 'n langer tydperk kan
verbind tot die hulp nie. Dit is beter om oor 'n langer tydperk iets
te kry ipv groot bedrag in kort tydjie. Indien die bedrag wat hulle
kan gee meer is, dan is my voorstel om eerder meer mense te help,
elkeen met R500 ipv om vir een persoon die groot bedrag te gee terwyl
ander geen hulp het nie.
Hierop was daar
kritiek van een van die moderatuurslede wat steeds voel ons moet die
mense nie voorskryf nie en hulle toelaat om te gee soos hulle voel.
Van die ander wys hom toe daarop dat daar baie wysheid is in die
besluit om oor langer tydperke hulp te kry. Al die ander het nie 'n
kritiek op daardie raad gehad nie.
Met die gesprek het
hulle weer hulle dank uitgespreek dat selfs in die tyd wat hulle my
gestop het ek 'n hele paar keer baie waardevolle bydraes gelewer het.
Dit was 'n bewys vir hulle dat ek werklik omgee en nie sommer net
praat nie. Deur die jare, wat ander nie altyd beleef het nie, want
sommige is nog jonk in die kerk, is daar al bewys dat dit God is wat
geroep het en dat dit gepaard gaan met baie liefde en omgee. Ek is
dus baie welkom om voort te gaan met die werk en hulle sien dat dit
ook die Here se wil is.
Ons het hier oor
ander kleiner dingetjies gesels wat in 'n MOU (memo of understanding)
geskryf kan word. Ek het dit alles neergeskryf en sal vir hulle 'n
draft opstel wat hulle dan kan gebruik as 'n basis indien hulle
verdere punte wil byvoeg.
Die Here word saam
geloof vir die deurbraak. Die nuwe moderator is ook 'n baie goeie
vriend van my en is persoonlik baie dankbaar. Hy wil net he ek moet
nou begin. Ek is slef baie dankbaar en na alles wat ek in RSA beleef
en geleer het die afgelope 2 jaar, het ek baie meer insigte en voel
meer toegerus om die roeping voluit uit te leef. Aan Hom die dank.